Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Brandaan-siklus (4) "Tokolosi" deur D.J. OPPERMAN
Brandaan-siklus (4) "Tokolosi" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50050] Do, 13 September 2001 21:23
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit die Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Tokolosi

Wanneer die pietersielie water trek
hoor sy van die rivier 'n soet gefluit,
maar op nat klippe by die oortrapplek
gryp hande uit die water na haar kuit.
En met die padgee van groen stringe slyk
sien sy die halfman, halflikkewaan
los uit die water lig: spits oë kyk
haar tussen borste en vol heupe aan…
dat sy eers aarsel, dan verskrik wegvlug
vanuit die drif se sleepsel van verdriete,
maar ingehaal, teensinnig op die rug
tog oorgee aan die vreugde in die riete.
En nege mane lank dink sy verstom
van wié en hoé die nuwe lewe kom.
Vorige onderwerp: Die Brandaan siklus (3) "Lintwurm" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Brandaan-siklus: "Vuurlopers" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:30:54 MGT 2024